Mense in Openbare Diens

Ek het op die webtuiste van die Suidafrikaanse Oorlogsgrafteprojek op die name van die volgende Hanekoms afgekom. Die indeksnommers verskyn in hakies voor hulle name.

  • (3461 Hanekom ,AM. Speurder Konstabel. Oorlede 29 Jan 1952. Motorongeluk. Polisietoekennings vir Dapperheid 1913-1994
  • (3468) Hanekom, Johannes Willem. Troep 75556993BG, 2 SA Infanterie. Oorlede 8 Mei 1981. Sneuwel in aksie, Sektor 10, landmyn
  • (3463) Hanekom, JC. Korporaal 64186067E, 5 MW U. Oorlede 26 Apr 1975. Verdrink, fratsongeluk Rundu.
  • (3469) Hanekom, Pierre. Skutter 81228116BG, 8 SA Infanterie, E Kompanie. Oorlede 12 Nov 1983. Sneuwel in aksie, Claymore mynontploffing.
  • (3462) Hanekom, BP. Burgerlike, Oorlede 16 Mar 1922. Randse Rebellie.
  • (3465) Hanekom, Johannes Petrus. Burgerlike, Oorlede 16 Mar 1922. Randse Rebellie.
  • (3466) Pieter Albertus. Burgerlike, Oorlede 16 Mar 1922. Randse Rebellie.

Die nota op die webwerf sê hulle is in die rug geskiet terwyl hulle uit polisiebewaring probeer ontsnap het. ‘n Bewering word egter deur John Higginson in sy artikel gemaak dat ‘..it is also likely that many, like three of the Hanekom brothers, were summarily dispatched by their captors after they were disarmed’

Vermaak

Die Hanekom-Susters was ‘n sanggroep wat vir hulleself naam gemaak het gedurende die 1950’s en 1960’s, en ek deel graag die brokkies wat ek tot dusver kon opspoor. Met dank aan Marius de Vos, wat hierdie inligting verskaf het:

Die  Hanekom  susters  was  deel  van  ‘n  groot  en  gelukkige  gesin  van  elf  kinders,  vyf  broers  en  ses  susters.  Die  vier  “singendes”  was Elizabeth Clara (Maxie) HANEKOM [RIN 15584], Sophia Elizabeth (Marge) HANEKOM [RIN 15571], Johanna Maria (Joey) HANEKOM [RIN 15677]  en Christina Johanna (Chris) HANEKOM [RIN 15673].  Hul  vader  was  hoogs  musikaal  en  het  soms  die  bekende  Asaf-koor  van  Melville  in  Johannesburg  gelei.  Die  gesin  het  gereeld  op  Saterdae  musiekaande  gehou,  waartydens  al  elf  kinders  opgetree  het.  Die  vier  susters  het  in  die  middel  vyftigerjare  op  die  voorgrond  getree  en  by  Gallo  hul  eerste  plaatopnames  gemaak.  Hul  aanbiedings  en  die  standaard  van  hul  musiek  was  altyd  van  hoë  gehalte,  en  dit  het  baie  deure  vir  hulle  oopgemaak.  So  byvoorbeeld  was  Maxie  in  1961  ook  genooi  om  saam  met  Taffie  Kikillus  se  orkes  en  Chris  Lessing  ‘n  album  op  te  neem.  Op  die  besonderse  plaat  sing  sy  saam  met  legendariese  Chris  Lessing  van  hul  liefde  vir  ons  Vaderland,  en  nie  die  gebruiklike  sentimentele  liedjies  nie.  Een  van  Maxie  se  komposisies,  Dit  Is  Jy  Suid-Afrika,  is  ook  op  die  album  opgeneem.  Die  orkes  wat  gebruik  was  tydens  die  opnames  het  bestaan  uit  Taffie  Kikillus  (orkesleier  &  klavier),  Hennie  Erasmus  (orrel),  Ken  Du  Plessis  (kitaar),  Chris  Du  Toit  (kitaar),  Tienie  Coetzer  (kitaar),  Gus  Eckhardt  (baskitaar),  Bill  Fermoyle  (bongotromme)  en  Reikhan  Pinnoy  (basviool).

Kort  daarna  sluit  die  susters  hul  by  die  Troubadour  platemaatskappy  aan  en  neem  onderskeidelik  saam  met  Jannie  du  Plessis,  Dries  Robertze  en  orrelis  Ben  Beukes  ‘n  aantal  langspelers  op.  Die  susters  neem  in  1962  ook  ‘n  pragtige  gewyde  langspeler  op  nl.  Die  Storie  Van  Jesus.  Die  plaat  was  in  samewerking  met  die  baie  bekende  Flippie  van  Vuuren  en  die  radioman  Gert  van  der  Berg.  Daarna  het  hulle  verdwyn  van  die  musiektoneel  af,  en  sedert  1986  is  al  vier  susters  tragies  aan  kanker  oorlede.

Dit sal waardeer word indien enigeen wat oor meer inligting beskik my kontak.